Back to Poetry by Ricardo Wildskut

2. Petrol Joggie - deur Ricardo Wildskut

From: Poetry by Ricardo WildskutBy Editor in Chief19 June 202220 views

Petrol Joggie - deur Ricardo Wildskut

image.png


Hoe lekker is dit as ek werk

Hoe lekker is dit as ek as 'n petrol joggie werk
Nogals in my eie gemeenskap

Ja, beslis dit is wat os doen,

en dit is wat gaan werk vir ons

Saam staan familie bou en lekker lyk
Kyk hoe lekker werk ek nou,

ek het soe pas ingeval as n petrol joggie by Belhar BP se vulstasie.
Pentech en Bellville is n stasie

maar nooit het ek geweet hulle noem n “garage” n vulstasie

Die werk druk lekker , ek pomp tyres op en vra of ek die driver se vensters kan was
Morning peak is dit taxi drivers en laat in die dag trok drivers.
Ja trok drivers, hulle k
ô gooi mos hie by BP in vir die pick en pay points en rewards van BP


Meestal kleuring drivers, wat vol mood swings is.

Moeg en misluk soms baie vriendlik maar maak weinig n grap.

 Ek guess DUS die werk se gestress


Maar ek kap maar aan want ek het 'n familie om te onderhou

Ek wil oek leka lewe en leka lyk.


Ek kap an want ek het n familie om te bou

ek wil oek leka lyk en leka liewe.

Reader Comments (2)

Calda Biancaragazza

18m ago

We really need more of this perspective. There is so much pride and power in how you capture the soul of our community. Dankie Ricardo, ja maak ons trots.

Bastos

2h ago

Top stuff

Share