Back to Poetry by Ricardo Wildskut

1. Os is Coloured - By Ricardo Wildskut

From: Poetry by Ricardo WildskutBy Editor in Chief12 June 2026171 views

image.png

Gedig Oor Coloureds- deur Ricardo Wildskut

Talentvol en unique
Os het ook style en is baie kleurvol
Os mense kan ook leiers wees!

Moety jou geluk bou op n Coloured se ongeluk nie!
Jy is n boorling van die indigenous stam Nama en Khoi!

Hier in die Kaapse Koningkryk!

Niemand ka os meer onnedruk!
Jy kan os ma vermaak vir n werk en os mense teen mekaar maak vir n posisie as ward councillor of supervisor.
Os gan die stryd wen

Die Bruinkind sal nie vir ewig stil bly in die gekraakte strate vannie kaapse vlaktes nie!!!

 Os kan oek saamstaan!!!

Os kan oek die strate laat brand, os kan oek saamstaan, os het alreeds kampies begin bou!!!
Os is nie bang, os ken seer kry en hongerly!!!

Wees geduldig

Wees Maar still, jy wie Gelukkig is op n Coloured se ongeluk.
Os weet tog die bybel s
ê God is Altyd daar vir die gebroke Harte.
Hy wat lei, hy wat swaarkry in sy geboorteland!

Hy wat hulle lag voor. Hy sal die lekkerste en hardste lag.
Coloured Bruinkind, stammeling van 'n nasie skrik wakker want
môre is dit Jy.

K
ô os lag ma liewers 'n bietjie en vergeet van die treur.

Ja os kry te min erkentenis en rekenskap.

Maar os bloed en grafte van os voorvaders lê dan die hele Suid-Afrika vol!

Bly wakker. Bly biddened.

Skeiding is wat eeue gelede gewerk het.

Om mense te verdeel is die sleutel tot iemand se sukses.

Moenie toelaat dat 'n moderne kolonie ons verder regeer nie.

Reader Comments (1)

Mymasekind

3h ago

My bru, djy slat die spyker oppie kop. Love your bravery and fearless vibe. Proud of you Ricardo!

Share